Ek Kan Nie Sonder Jou Nie
Jy is my hart se lied wanneer ek verlore voel of dwaal in donkerte
Jy is my hart se lied
Jy is my hart se lied as die wêreld my alleen los
Jy is my hart se lied - Jy is my siele kos
En ek kan nie sonder Jou nie
Jesus my lewe, Jesus my passie
Jesus die lied op my lippe
Ek kan nie sonder jou nie
Jesus heersende Koning
Jesus Skepper van die sterre
Ek kan nie sonder Jou nie
Hoor Jy hoe my hart sing my Liefste
My mond is leeg en stil
My kop raas met probleme
Maar soos mis voor die môre son
Verdwyn elke een in jou lig
Hoor Jy hoe my hart sing my Koning
Volslae duisternis en droogte hier
Die woestyn is donker met donder wolke
Breek die swaar druk
En les my dors
Jesus my liedjie
Jesus my sonopkoms
Ek kan nie sonder jou nie
Jesus my Heilbron
Jesus my somerreën
Ek kan nie sonder jou nie
-- Author's Note --
For the South Africans. Sorry guys, this one's in Afrikaans. Use google Translate if you really wanna know what it means, but translating it just wouldn't sound the same to me. And this is dedicated to @marieackerman, for whom I originally wrote this.
Bạn đang đọc truyện trên: Truyen247.Pro